To Suidkaap.com

Die Danabaai Tobiefees gaan hierdie jaar se Kerfees 'n onvergeetlikheid maak met al die aktiwiteite op 19 Desember 2012.

Vroegoggend skop die feestelikheid af met 'n hengelkompetisie, wat vroegmiddag ten einde loop. Uitstekende pryse is op die spel met hierdie kompetisie wat slegs vanaf die wal gehou sal word, en soos altyd in 'n bewarings gebied, word die omgewing eerste geplaas en opgepas.

Stalletjies en die tent word reeds vroeg oggend opgeslaan langs die OK gronde in Danabaai, reguit in die straat af soos in Danabaai ingery word. So ook word 'n springkasteel opgerig om die kinders te help vermaak. Kos en koeldrank sal te koop wees by stalletjies, so die magies kan knuppeldik geëet word aan die lekkernye wat verskaf sal word en daar sal pragtige geskenke te koop wees, veral so reg voor Kersfees.

Een van die interressante stalletjies behoort aan Mr Chris Geldenhuys, van CooClocks. Nee, nie Koekoeke nie, maar ander diere op dieselfde gronde as 'n koekoekklok. So manne, as julle nou vir vroulief 'n uitstekende geskenk vir die kombuis wil gee, MooCoo, CluckCoo en al die ander sal wag om opgelaai te word op die Tobiefees!
Loer solank op
CooClocks na die verskillende CooClocks. All Occasions gaan ook 'n stalletjie hê met die pragtigste handsakke en juwele, kwaliteit maar baie bekostigbaar. Net om so paar interresante stalletjies te noem! 'n Beperkte aantal stalletjies is nog beskikbaar, teen R120.00 per stal (3X3m) of R150.00 wat krag insluit. Verkry u inskrywingsvorm by Twana twanaroets@telkomsa.net of by Japie Krige Eiendomme in Danabaai.

Die liedjieskryf kompetisie se inskrywings vorder goed, en voornemende (in)skrywers word gemaan om te onthou dat die inskrywings sluit op 1 Desember 2012. Bekende liedjieskrywer, Stef Kruger, wat liedere geskryf het vir verskeie kunstenaars waarvan Dozi seker die bekendste sanger van sy werk is, is die beoordeelaar, en skenk ook die pryse. Die wenner se lied sal op die Tobiefees bladsy op
www.Suidkaap.com beskikbaar wees agterna, sodat almal in die wenlied kan deel! Onthou, Afrikaanse inskrywings alleenlik, jou eie lirieke en komposisie, in 'n .MP3 formaat opgeneem, met die woorde apart in 'n Word Dokument, kan ge e-pos word na twanaroets@telkomsa.net en 'n inskrywing kos R50. Die kwaliteit van die opname maak nie saak nie, solank die melodie en lierieke redelik duidelik is om weer gespeel te kan word. As jy ingeskryf het, moet jy teenwoordig wees die aand om jou prys te ontvang, en jou lied word daardie tyd gespeel.





.


Die "Ou Karre" sal soos altyd een van die groot aantrekkingskragte wees, en ons kan nie wag om te sien met watter pragstukke hulle eienaars gaan opdaag om ons 'n stukkie geskiedenis te laat beleef nie!

Ons is verheug om hierdie jaar ook die bloedoortappings diens hier te hê met hul nuwe mobile kliniek. Bloed is altyd nodig oor die vakansie dae en bydraes om 'n lewe te red sal uiters baie wardeer word.
Nuut hierdie jaar is die HONDESKOU! Aangebied deur die Tuinroete Boerboel Assosiasie, is daar kategorieë? vir slegs boerboele, maar 'n groot klomp kategorieë vir ander honde ook, die oulikste babawoef, die "dog/owner look-alike" en vele meer, elk uniek! Inskrywings kos R50.00 en belangstellendes kan solank met Monica Sciocatti praat by 071 231 9679 of e-pos by
monica.mewmew@gmail.com - sien die volkleur advertensie.

Hartenbos Drawwers het 'n heerlike aktiwiteit gereël met 'n 10km asook 4,5 km draf deur Danabaai. Die 10km begin om 18h30 en inskrywing kos R30.00, terwyl die 4,5 km om 18H40 begin en R20.00 kos, en Temp Lis is R25,00. Inskrywings kan by Hartenbos Drawwers se webblad gedoen word, of net voor die wegspring op die perseel.
Die optredes in die tent begin reeds om 18h00, en word onderbreek vir die prysuitdeling om 20h00. 'n Wye reeks kunstenaars is geboek hierdie jaar, en die organiseerders kan belowe dat mense hul gate uit gaan geniet! Optreders sluit in Kevin Leo, Stef Kruger gaan vir van sy eie liedere sing, Paul Amas en Vriende gaan optree, Lloyd Botha en Christo Esterhuizen sal hul stemme deel, Pieter Thiart, beter bekend as Die Weskusklong, sal almal weer laat skaterlag. Verder is twee "Brass Bands" van Kwanonqaba geboek, wat die voete sal laat klop, en laastens 4EverYoung, wat lekker musiek vir alle smake sal speel en die stof tussen die saagsels uit sal laat dans! 'n Kontant Kroeg sal beskikbaar wees binne in die tent.

Danabaai is geleë in 'n bewarings area, of soos die mense hierrond sê, die Bewarea. die winste wat uit die Tobiefees verkry word, word in persentasiegedeeltes gedeel tussen die Bewarea, om te verseker dat die natuur bewaar word, die ACVV, Kerk-kombuise om honger te help verlig, SAPREC (South African Penguin & Seabird Rescue Centre) en die DBV. Die Tobie, oftewel "black oyster catcher" is 'n hoogsbeskermde voël en maak die embleem uit van Danabaai, waar hy 'n skilpaadjie koester, soos die Bewarea streef na beskerming vir al die diertjies in die omgewing. Die Tobiefees word dus met uitsluitlike doel gehou vir natuur beskerming en armoede verligting, en besoekers word uitgenooi om op hierdie heerlike manier van feesfier 'n bydrae te maak!
Tobiefees!! Die plek om te wees!!

Enige navrae kan aan Twana by
twanaroets@telkomsa.net , 044-6981512, of 076 472 3912 gerig word.